Uitsigloos (Erns Grundling)

ek het ‘n appeltjie te skil met die son

wil vir hom ogies maak en nie wegdeins

as my sig langsamerhand verduister nie

noodgedwonge sal ek ‘n gidshond touwys

moet maak as voetoorgange my kierang

of blindelings bandopnames van bestsellers beluister

want om net na jou te mag kyk

sonder die opsie van aanraking

is soos om braille op ‘n afstand te lees.

3 Responses to “Uitsigloos (Erns Grundling)”

  1. Sien is glo en voel is wragtig?

    Dit wat belangrik is, kan net met die hart gesien word; dit wat regtig saakmaak, kan net met die siel gevoel word… :wink:

  2. Baie mooi

  3. Die realiteit? Sien IS glo en voel IS wragtig. Glo DIT eerder, voor jy eendag voor ‘n oop deur van ‘n leë huis staan en roep en nie besef dat die inwoner uitgetrek het nie.

Leave a Reply