Dink jy ook soms aan my as
jy op Tafelberg staan en
uitkyk oor die see?
Dink jy ook soms aan my
al loop ons nou aparte weë?
Verlang jy ook soms na my
as jy op die strand loop
en skulpe soek?
Verlang jy ook soms na my
al is ek nou ‘n geslote boek?
Wonder jy ook soms oor my
as jy sommer net
na nêrens loop?
Wonder jy ook soms oor my
al is daar vir ons nou niks hoop?





Ek blaai sommer bietjie deur jou gedigte, dit is so vol ‘ek mis jou’
As almal ver is, verlang mens sonder ophou……