Posted on Julie 27, 2008 by Sonkind
Ek het onverwags op hierdie girl se musiek afgekom. Ek wens ek kon meer van haar hier oplaai – sy sing stunning!
Ek stel my voor dat hierdie een sommer lekker sou gedans het op Ding se gladde rooi plaasstoep, veral so langarm om die draaie!
En hierdie een is sommer [...]
Filed under: Musiek | 9 Comments »
Posted on Julie 26, 2008 by Sonkind
Wanneer mens se kinders groot en uit die huis is, sien jy hulle mos maar min. Wat nog te sê van ‘n dag of halfdag saam met hulle spandeer. Dan weer, so lief soos wat ek hulle het, het ek nog altyd my eie lewe gehad en het my lewe nooit in totaliteit net om [...]
Filed under: Uit die hart | 14 Comments »
Posted on Julie 25, 2008 by Sonkind
Posted on Julie 23, 2008 by Sonkind
Vir die wat wonder of gewonder het:
HIER is die storie agter die storie van Biegblok.
Sterkte vir jou, my goeie, dierbare vriend Uno!
Filed under: Sommer net | 7 Comments »
Posted on Julie 22, 2008 by Sonkind
Optelwoorde
tussen dwaaldistels en doringspore
in die soekloop op die verwegpad
soos genadelig lê daar optelwoorde
wat ‘n wegloopsiel weer huistoe kan vat
optelwoorde
vir ‘n valkind
optelwoorde
wat verloormense vind
in die skaduweelaagtes
diep gaan haal
en huistoe bring
na die optelkraal
Opstaan
mag jy mooi wees as die lelik verby is
en sag kyk na elke harde tyd
mag jy bly wees as die huil verby is
en vrede hê [...]
Filed under: Sommer net | 14 Comments »