Vrydagaand kuier ons by mense wat NET na Afrikaanse musiek luister. Dis ‘n lekker kuier, maar die musiek kry my soms onder. Ek het ‘n wye musieksmaak, wat ook Afrikaans insluit, maar nie NET dit nie.
Terwyl hulle rokkie-sokkie-bokkie in die braaikamer, met glase rooiwyn of brandewyn en coke, vat ek my Jack Daniels en dwaal na die TV kamer en kom daar op ‘n hele versameling ander Afrikaanse musiek af. Ek raak vergete aan die luister daar.
Ek kon nie anders as om hierdie woorde neer te skryf nie, dis ongelooflik mooi. Sy ander musiek is ‘n “acquired taste”, maar ek sal oor en oor hierna kan luister.
VIR JOU
(Jannie Moolman)
Vir jou wil ek ‘n huis hê, ‘n huis met ‘n leiklip vloer
‘n witgekalkte skoorsteen wat deur die rietdak loer
‘n okkerneuthout onderdeur wat kreun aan die skarnier
‘n donskombers om in te duur, ‘n kaggel en ‘n vuur
Die dae is droef soos druiwe, jou naam is soet soos mos
Die herfs is in die wingerd, die son in elke tros
Want die winters hier is wondbaar as die jaar se hitte kwyn
Die seisoen word oud en waardig, wat mos was word nou wyn
Vir jou wil ek ‘n bos hê waar jy dennenaalde ruik
Reen wat oor die berg kom en timmer teen die luik
En by die hek ‘n bloekom met sy takke in die wind
Hier in die koperledekant jou warm blou-oog kind
Want die dae is droef soos druiwe, jou naam is soet soos mos
Die herfs is in die wingerd, die son in elke tros
Want die winters hier is wondbaar as die jaar se hitte kwyn
Die seisoen word oud en waardig, wat mos was word nou wyn
Al maak ek hierdie versie eenvoudig net soos nou
Die wens bly tog maar net ‘n wens, die werklikheid verbrou
Die wens bly tog maar net ‘n wens, die werklikheid verbrou
Want die dae is droef soos druiwe, jou naam is soet soos mos
Die herfs is in die wingerd, die son in elke tros
Want die winters hier is wondbaar as die jaar se hitte kwyn
Die seisoen word oud en waardig, wat mos was word nou wyn
Maar die song wat my binne geslaan het, was hierdie een – ek MOES dit net hier verewig!
Ek hou van blou – Illse Roos
Daar’s berge in die Boland wat versadig is van blou
Hoe dieper jy die vlaktes in, hoe blouer word die blou
Die bloute van die verste berg herinner my aan jou
Hoe verder die verlede in, hoe meer word jy van nou
Ek hou van blou, ek hou van blou
Ek hou, ek hou, ek hou, ek hou van blou
Die hemel en die maan is blou
En als wat ek van jou onthou
Word jaar na jaar ‘n blouer blou
Ek het jou êrens op die tyd se kronkelpad verloor,
Net die vae blou van jou afwesigheid bly oor
Verlange help nie baie nie, nog minder help berou
Hoe meer van jou verlore raak, hoe meer wil ek behou
Ek hou van blou, ek hou van blou
Ek hou, ek hou, ek hou van blou
Die hemel en die see is blou
En als wat ek van jou wou
Word jaar na jaar ‘n blouer blou
Miskien is ver tog nie ‘n plek nie, verloor is dalk behou -
Jy was dalk nog altyd net ‘n afgeleë kleur, maar
Ek hou van blou, ek hou van blou
Ek hou, ek hou, ek hou, ek hou van blou
Die hemel en die maan is blou
En als wat ek van jou onthou
Word jaar na jaar ‘n blouer blou
Die hemel en die maan is blou
En als wat ek van jou onthou
Word jaar na jaar ‘n blouer blou
Filed under: Musiek





hemel
en ek gaan dit nou luister want ekt nog nooit vir illllse roosie hoor sing nie
Pragtig. Die liedjie wat Jannie Moolman sing is geskryf en gesing deur Coenie de Villiers, as ek dit nie mis het nie. Lg. het ongelooflike liedjies gemaak. Gaan luister gerus na Karoonag, of die Kaneelverkoper.
Dankie vir mooi musiek en lirieke
Dit is pragtige woorde… Ek is self lief vir Afrikaanse musiek… Baie, baie lief, maar nie nèt afrikaans…
Pragtige video en lied van Ilse Roos. Dit het my nou amper ‘n traan in die oog gegee toe ek daarna luister. Daar was skielik ‘n stuk verlange wat deur al my borswerings wou bars…
Natuurlik gaan jy mal wees oor hierdie liedjie Son, sy sing dan spesiaal vir jou van die berge!!
(((BiB)))
Miskien is ver tog nie ‘n plek nie, verloor is dalk behou -
Baie, baie mooi
Vir Jou is ok een van my gunsteling Coenie songs. Daar is baie goeie Afrikaanse skrywers daarbuite, goete met bietjie lyf aan. Hoe hou jy van Smokie Joe’s Cafe? Myns insiens een van sy beste boeke.
“vir jou” is stunning mooi!
EK hou baie van Ilse Roos se musiek. ‘n Ander song van haar wat vir my netso ongelooflik mooi is is Bloukafee (dis ook die titel van haar CD) en saam met “ek hou van blou” voer dit my ver weg en verlang ek so na die Kaap!
Toe ek jou opskrif sien, toe dink ek klaar aan sokkie-bokkie!
Vir jou, is deur Coenie geskryf en dit is baie, baie mooi. Ook een van my gunstelinge.
My Lam van Amanda is ook ‘n mooi ene.
juck, ek haat Ilse Roos. Sy kan nie act nie, en as ek haar moet hoor sing, dink ek dit sal pols-afkou wees.
Sing sy ook so snak-snak en asem-intrek soos sy in ELKE TV rol doen? Altyd in semi-histerie!
Nee Sonnie, tyd dat ons jou horisonne verbreed.
Wanneer laas het jy en Amanda of Lize of Laurika op ‘n reen aand voor ‘n kaggel, in ‘n donker huis gekuier?
‘ek het ‘n Boer sien dans in die Karoo’ – Lize se nuwe song. Met so ‘n titel kan dit mos net mooi wees.
Raak ek sommer nou weer bewoe!
ja die spul het maar almal hulle kitch en sentimentele soetheid ook in hulle… ek ook, ilse roor shet ek 3 keer in sewende laan gesien, ek kyk elke week vyf minute sewende laan net om te sien of dit my al ophou irriteer het… waar was ek
ilse roos, ja die blou lidjie hier bo. die woorde is mooier as die wysie en dis die eerste keer dat ek haar hoor sing en ek was nogal bietjie terleurgeslteld met haar stem
wat nog
o ja die boer wat dans in die karoo
ja, daar is ‘n paar mooi oomblikke
ek het my egter vrek geskrik met halleluja op nieu bethesda maar miskien is dit soos hulle sing daar op nieu nbethesda, gun wonner arme ou helen maartens het van haar kop gegaan, vir haar ‘n geheime lover gekry, ‘n werker en verder haar beelde en gerasperde fynglas kleurvolle blinkende mure geskep nie
haar badkamertjie is so cool
gaan kyk haar badkamertjie op nieu bethesda as jy daarheen gaan op ‘n pelgrimstog
askies ek dink ek het te veel geskryf
groete,
ansophie joubert
askies
ek bediel
ansophie van wyk
groete
ja coenie maar jannie kan ook mooi liedjies skryf soms
ek bedoel jannie moolman
alhoewel jannie du toit natuurlik
ook
ja mar dit weet julle
ekskies ek raak irriterend
sorry
baai
ek stem soms saam met skoor soms is ilse roos iets ysluks vreemd my bek hang oop sy leef op ‘n anner planeet
wat natuurlik oukei is
ek moet haar eintlik bewonder daarvoor
Ek like nie vir Ilse baie nie. Eerder Laurika!
Toe ek lees “Die dae is droef soos druiwe” dog ek nee hel, dis een van ons groot digters: Van Wyk Louw? Opperman? Ek het hulle bundels se inhoudsopgawe deursoek en niks gekry nie, en elders op die net sê dit: Musiek en Liriek: Coenie de Villiers.
Nou ja, Coenie is een van ons groot poets. Ek moet liewer my bek hou oor wie het wat geskryf, ek het pas ‘n inskrywing geplaas om Anna Davel en Ilse om verskoning te vra oor vorige foute!
Ek het ook nou die eerste keer hier na Ilse se sang geluister, ek stem nie heeltemal met Ansophie saam nie. Ek het in my inskrywing onderneem om as boetedoening Ilse se CD te koop – ek dink nie dit sal eintlik ‘n straf wees nie.
KoP, ek steur my nie veel aan dié wat nie van Illse se musiek hou nie – dit sou maar boring gewees het as ons almal van dieselfde goed in hierdie lewe gehou het – en dink net wat se bakleiery sou dit afgegee het
Maar ek dink haar musiek en haar CD is die moeite werd, daar is baie ander goeie liedjies ook op – kry hom gerus, ek dink nie jy sal spyt wees nie
[...] oor Covers, en klein surprises van kitaar-klanke. Luister jy nog na Afrikaanse musiek, en is dit goed-gepende songs…of die main-stream loslappies en rooi-rok-bokkies? Party van ons dra met net ons muse [...]
Ilse Roos
Lees asb. my kommentaar by my kop op ‘n blok, ek wou dit hier plaas, toe raak ek deurmekaar met al die vensters in die blokke wat oop is.
Ek kan nou nie onthou hoekom ek noudie aand haar stem teleurstellend gevind het nie. Ek gaan vanaand weer kom luister as ek nog bandwydte het, dalk is ek afgesny dan sal ek volgende maand kom luister of haar stem al op my gegroei het en ek dit minder teleurstellend vind.
Ek dink in elk geval Anna Davel het ‘n pragtige stem Ek dink sy is my favourite, maar ons almal se stemme is Gawes en dus is ons almal se stemme mooi en wonderlik.
Mens kan bly wees mens het ‘n stem.
Ek dink ek het Ilse Roos se stem anders voorgestel. Ek het seker gedink sy gaan soos Anna Davel klink.
Mens kan ook dankbaar wees vir oë om te sien. ‘n Oog is ‘n kamera en windows to the soul ook. Ek dink dit moet erg wees om blind te word.
Dankbaarheid. Dis al. So dankie vir die mooi video van Ilse Roos. Dis pragtig. Eks jammer ek’t gesê van die teleurstelling, ek was seker net in ‘n shitty bui hehe… en ja kuns is in the eye of the beholder dikwels en partykeer is mens ook maar net nie innie bui of lus vir al die kuns nie om nie te praat van al die musos of muses dan nie.
xxx
Groete en Geniet al die blokkery.
Ek moet se ek hou van my Afrikaanse musiek, maar dit het ook sy plek moet ek bieg. As ek om my vuur staan hou ek van dit, maar as ek vriende onthaal vir ete die aand soek ek iets anders in die agtergrong.