My stem huil nagwind deur boomblare
Herinneringe aan jou woorde
Bly die krappende takke
My oë skroei sonbrand op naakte vel
Herinneringe aan jou kyk
Bly die brandende kankerkol
My ore raas branders teen rotse
Herinneringe aan jou lag
Bly die brekende skuimdruppels
Waar is jy?
Het ek jou mis gekies of verby geleef?
Is jy waar?
Het ek jou huilend hopend gedroom?
Filed under: Sommer net





Ek hou hiervan.
Daar is iets rou en bekend aan jou woorde, dalk het ek die Vrydag blues…………………….
Pragtig. Dankie.
Mens moet weer en weer lees.
Pragtig.
Baie mooi….
Elkeen gaan dalk iets anders hierin lees, maar vir my is dit net so hartseer en verby…
Sjoe! Dit vat aan my!
Nogal hartverskeurend..
Sonkind, dis nou regtig mooi, stem nogal saam met Pikkie!
Soveel wonderlike alliterasie hierin. Dis soos musiek.
Mooi, dit laat my verlang na iets..
My antie Merie het die Fraaiday blues gehet. Hopenlik voel sy nou al bieterder, anirs sal Skorie mar nog ‘n glasie rooiwyn moet vat vir ha se parte. Soe opi Sondag aand. Voorie Maandag.
Baie mooi
Baie mooi ja. Stem, laat jou verlang na onbekende dinge…en mense!
You carry a lot of pain and anger inside of you. Hope you have someone dear to share it with, and that he/she understands.
Talking and writing (!) always eases the pain. Sometimes only for a while. Maar darem.
Actually I am quite content and happy, Kate. I wrote this in 1994 and found it in between some other stuff I went through, searching for photos
At that time, I probably did carry a lot of pain and anger, but not any more.
Stunning piece of writing, Sonkind, splendidly evocative. Just lovely.
mooi gedoen