Posted on Mei 30, 2008 by anne-marie
My stem huil nagwind deur boomblare
Herinneringe aan jou woorde
Bly die krappende takke
My oë skroei sonbrand op naakte vel
Herinneringe aan jou kyk
Bly die brandende kankerkol
My ore raas branders teen rotse
Herinneringe aan jou lag
Bly die brekende skuimdruppels
Waar is jy?
Het ek jou mis gekies of verby geleef?
Is jy waar?
Het ek jou huilend hopend gedroom?
Filed under: Sommer net | 18 Comments »
Posted on Mei 27, 2008 by anne-marie
Ek was nog op soek na my matriekafskeidrok foto, toe kom ek op twee ander foto’s af. Omdat die rok foto my nou nog ontduik, seker met rede het ek besluit om sommer ‘n splinternuwe tag te begin.
Wys ons hoe het jy kleintyd gelyk, enige iets tot so 10 jaar oud!
My foto’s se kwaliteit [...]
Filed under: Sommer net | 26 Comments »
Posted on Mei 25, 2008 by anne-marie
Somtyds voel mens jouself gedrewe om raad te gee, waar raad dalk nie regtig welkom sal wees nie, of meer spesifiek – dat die raad wat jy gaan gee, dalk nie die raad is wat die ander persoon wil hoor nie.
Ek wou nog oor iets anders skryf, toe lees ek vanaand hier by Tristan van [...]
Filed under: Sommer net | 19 Comments »
Posted on Mei 23, 2008 by anne-marie
Happy Birthday
More is 24 Mei. More is hierdie blog ‘n hele een jaar oud!
Ek het begin as ‘n SSSB leser, maar toe raak dit nie meer lekker daar nie en ek besluit om my eie skoene aan te trek. As ek nou terugdink oor hoe dom ek met alles was, wil [...]
Filed under: Uit die hart | 18 Comments »
Posted on Mei 22, 2008 by anne-marie
Die lewe loop lankal ‘n ver pad met jou
‘n Pad van uithou, ‘n pad vol onthou
Soms was dit hardepad, soms weer sag
Soms sien ek hoe jy wag…
Wag vir die uur om te slaan
Wag om weer alleen te staan
Wag vir jou geluk om te draai
Om met die wind saam weg te waai
Maar ek het gou geweet
Jy’s [...]
Filed under: Sommer net | 7 Comments »