Da Mario skryf ‘n post oor bloggers wat “missing in action” gaan, vir verskeie redes, soms net vir ‘n wyle, omdat ander dinge, soos ‘n mooi girl in sy geval, hul aandag opneem. En soms vir altyd, dalk omdat hulle aan blog-uitgebrand siekte lei.
Mnr Muller weer, het my geleer van haiku’s skryf. Die eerste reël is 5 lettergrepe, die 2de is 7 lettergrepe en die 3de weer 5 lettergrepe en dit hoef nie te rym nie. Toe kombineer ek nou die twee en siedaar:
Bloggers wyd en syd
Met hul woordkuns wyd verspreid
Nou hier, more uit.
Skryf ‘n haiku oor blogging of bloggers, sommer net vir die lekker, as jy wil. Ek gaan niemand tag nie, ek “challenge” julle eerder.
Filed under: Sommer net





BB sal vir jou goeie haiku skryf, maar hier is my poging…
Leeg soos ‘n vakuum
die woordstoot brigade stil
waar is jou post man?
Dis vrek cool! Ek gaan ook probeer! Watch out, Da!
Ons ken mekaar nie
Al praat ons soms met mekaar
Tog – daar is ‘n band
ooooh, nice haikoes, julle
[...] Categories: Blogs wat ek graag lees and Dinge Sonkind het ‘n cool haiku geskryf na aanleiding van ‘n possie van Da Mario, en hier is my [...]
[...] http://sonkind.wordpress.com/2008/04/08/blog-haiku/ [...]