Dis 15 jaar…
Posted on February 9, 2008 by Sonkind
Ek onthou steeds…
die lyne van jou mond
die afgrond in jou oë
Ek herken jou stap
in ‘n ander se lyf
Ek herken jou mond
in ‘n ander se woorde
Ek weet
nog altyd waar is jy
Die naambord van die dorp
skree jou naam vir my
Ek het myself daar verban
Die keuse was nooit joune
Ek kon jou behou
Die keuse was myne
sy bly jou vrou.
Filed under: Uit die hart | 9 Comments »




