Posted on August 11, 2007 by Sonkind
As ek hierdie ding nie uit my gestel uit gaan skryf nie, gaan ek vanaand iewers iemand aanrand.
Ek ry huis toe en dit reën en ek is HAASTIG. Ek kom van die stad se kant af en ek kom by Plattekloof heuwel. Toe ek nog so aankom, sien ek al ‘n ry rooi remligte. En ek dink - hel, wat nou. [...]
Filed under: Uit die hart | 7 Comments »
Posted on August 8, 2007 by Sonkind
Posted on August 6, 2007 by Sonkind
Dis nou al baie lank dat ek vreeslik graag 2 spesifieke stoele wil hê. Dis amper ‘n soort wiegstoel, met ‘n hout raamwerk en ‘n materiaal sitplek. Jy koop dit in ‘n boks en dan moet jy dit self aanmekaar sit.
So ‘n rukkie terug sien ek toe hierdie begeerde stoele van my by die Groot [...]
Filed under: Sommer net | 8 Comments »
Posted on August 3, 2007 by Sonkind
Met erkenning aan Lina Spies
Net vir ingewydes
Sal ons in diè stil seisoen
- ons geheime gety -
reklameer vir binnelanders
wat glo dat in die Boland
winter net ‘n reëntyd is?
Sal ons vertel hoe blou
en hoog is die hemel dan
as op sonskyndae dit wolkloos
van horison tot horison
oor berge en valleie span?
Sal ons sê hoe stiletskerp
en diamantgeslyp bedags
die berge geteken [...]
Filed under: Raak gelees | 2 Comments »