Boland, my Hartland!
Posted on August 3, 2007 by Sonkind
Met erkenning aan Lina Spies
Net vir ingewydes
Sal ons in diè stil seisoen
- ons geheime gety -
reklameer vir binnelanders
wat glo dat in die Boland
winter net ‘n reëntyd is?
Sal ons vertel hoe blou
en hoog is die hemel dan
as op sonskyndae dit wolkloos
van horison tot horison
oor berge en valleie span?
Sal ons sê hoe stiletskerp
en diamantgeslyp bedags
die berge geteken [...]
Filed under: Raak gelees | 2 Comments »




