Sondag blues - Die blou duiwel.

Sondae middae 3 uur dan slaan hy my onderstebo - die ding wat mens Sunday Blues noem. Die blou duiwel. Blykbaar is ek van kleins af al so. My ma het al vertel ek het gewoonlik daardie tyd op ‘n Sondag verdwyn en dan het hulle my op allerhande vreemde plekke gekry. Onder die bed, [...]