Moenie my vra nie…!

Ek is niks selfsugtig nie. Inteendeel. Ek kry altyd raas by my man omdat ek sommer my goed weggee as ek sien iemand anders kry swaar.

Vra my om my klere te leen, vra my om my boeke te leen, vra my om my CD’s te leen. Ek sal vir jou geld ook leen, as ek [...]

The Apocalypse

Ek het hierdie nie self geskryf nie; het dit ‘n ruk terug iewers raak gelees en neergeskryf (Erkenning aan die skrywer, wie hy / sy ook al mag wees).
Nou is 16 Junie om die draai en die doemprofete is ook met ons. Is more die einde of die begin van die einde? Ek weet nie en ek [...]

Môre is Eric se verjaarsdag

Môre is Eric se verjaarsdag. Kan nie Eric se van onthou nie, kan nie onthou of ek ooit Eric se van geken het nie. Ek onthou egter sy verjaarsdag, want dit was die dag voor Soweto dag (soos 16 Junie vroeër bekend was). En vir Eric sal ek nooit vergeet nie.

Wie is Eric? Eric was [...]

Jou Naam op jou Nommerplaat?

Ek wonder altyd oor mense wat hul naam, bynaam, troetelnaam op hul nommerplaat laat aanbring (vandat ons ook nou, soos Amerika, “personalised” nommerplate mag hê). Miskien inhibeer die ingehamerde “net gekke en dwase skryf hul name op deure en glase” my, want ek kon nog nooit dink dat ek gemaklik sal voel met my naam of bynaam op [...]

Morele waardes – Met of Sonder God?

Kan mens morele waardes hê, al glo jy nie in God nie?

Ons het ‘n vriend, ‘n baie goeie vriend, (noem hom A). Hy is ‘n selferkende ateïs. Hy was nie altyd een nie, maar vir verskeie redes het hy ophou glo dat daar ‘n God is. My man het al opgegee om met sy vriend [...]