Mislik
Posted on May 31, 2007 by Sonkind
Die mis wil nie lig nie en die son wil nie skyn nie. Ek werk vandag by die huis, want my rekenaar by die werk het besluit hy vat langnaweek (of dalk is die rekenaar ‘n ’sy’). Ek is mislik en ek verlang na mense wat ek nie ken nie.
Net waar ek gaan
is ‘n pad voor my oop
Wat skerp uit my oë soos ‘n litteken loop.Hoe die dag ook verblou
of rooikam om my
Ek volg net my hartseer
en die naambord is jy.
Dankie tog, more is Vrydag!
Filed under: Uit die hart





Mooi prentjie wat jy van die Kaap skets en laat my huistoe verlang. My ouma het altyd gesê as mens so voel - ek staan op die voorstoep en verlang huistoe
“Net waar ek gaan
is ‘n pad voor my oop
Wat skerp uit my oë soos ‘n litteken loop.” Dis beautiful.
Ek voel die laaste paar dae ook so. Toemaar, more skyn die son weer.