Mislik

Die mis wil nie lig nie en die son wil nie skyn nie. Ek werk vandag by die huis, want my rekenaar by die werk het besluit hy vat langnaweek (of dalk is die rekenaar ‘n ’sy’). Ek is mislik en ek verlang na mense wat ek nie ken nie.
Net waar ek gaan
is ‘n [...]

Dankie vir Comments; Blog is verslawend en my 10 Hoekoms?

Toe ek my blog begin het, het ek gedink niemand sal my eers opsoek nie, en nou het julle my dag gemaak.
Martin, die Kaap is mooi en ek sal NOOIT weer hier weggaan nie, maar Transvaal het beter weer.
Jaco, kom bly hier, al is dit koud en mislik en nat, verruil ek dit nooit ooit [...]

Sneeu soek, Bungi jump, ens.

Sondag oggend half nege is ons by die huis weg, op soek na sneeu. Ek is nie een vir koue nie, maar ek glo ook mens moet ALLES ten minste een keer probeer. So, ek gaan nog een keer Europa toe in die winter om te gaan “snowboard”. Sal die ski maar eers ‘n mis [...]

Hoekom Sonkind?

Hoekom Sonkind? Want ek kan nie sonder die son nie. In die winter moes ek ‘n beer gewees het wat in ‘n gat kon kruip en eers weer uitkom as die swaeltjies terugkom en die seisoen terugdraai. Ek het al baie gewonder of dit iets te doen het met die tyd van die jaar wanneer mens [...]